Friday 23 November 2012

Van Loveren: Happy Customers!

Below is a letter we received from a happy customer - Winston A Beukes




Lectori Salutem!(Bonita)

Gedurende die “ Wine on the River” fees het ek en Hennie (aan my voorgestel as een van die “Four Cousins”) gesels.

Met hierdie epos wil ek julle graag meedeel dat daardie gebaar van Hennie (om sommer so lekker te kom gesels) dit vir vele die moeite werd maak (en vir die toekoms sal maak) om na enige wynfees te gaan as dit die gebruiklike prosedure van wyn-uitstallers/wynmakers is.
My kennis rakende wyn is beperk tot die kleur van die wyn, wit, rooi, pienk ens. Dus is ek ʼn absolute leek as dit kom by wyn, wat ek wel weet is dat ek nou ʼn aangename ervaring aan julle “Tangled Tree Wines” kan koppel wat die drink daarvan soveel meer genotvol maak (Moenie bekommerd wees nie ek kan darem onderskei tussen ʼn goeie en ʼn slegte wyn en drink dus nie net die wyn oor die ervaring nie).

My vriende en ek het Hennie se gesels geniet en ook sy bereidwilligheid om te staan vir die “kikkies” waardeer ( as alumni van die Universiteit Stellenbosch is dit nie vir ons vreemd dat ʼn matie sommer so tussen hordes mense sy mede-maties uitken nie, lol).

Dra tog ons vriendelik groete aan hom oor.

Hopelik sal ons eendag daar by julle (van Loveren Keller) ʼn draai kom maak om na die twee bome te kyk.

You are most welcome, Winston!

 

No comments:

Post a Comment